RAINBOW TOWERS

S17 49 867 E31 02 19
TEL: +27 (0) 21 855 0443


Luukse vyfster hotel in Harare in Zimbawe

TUISBLAD PRYSE EN BESPREKINGS ZIM AKKOMMODASIE HARARE HOTELLE

 ENGLISH STUUR EPOS

Die Rainbow Towers Hotel  is langs die Internasionale Konferensiesentrum in Harare, die hoofstad van Zimbabwe geleë. Dit het vroeër as die Sheraton Harare bekend gestaan, maar sedert 2006 behoort die 5-ster Rainbow Towers Hotel aan die Rainbow-groep (en word deur hulle bestuur). In 2008 het die Rainbow Towers Hotel die gesogte toekenning vir Beste Stadshotel ingepalm, wat beteken dat dit die beste hotel in Harare, Zimbabwe, is. Die Rainbow Towers Hotel word op die oomblik opgeknap, sodat dit een van Zimbabwe se luuksste hotelle in Zimbabwe sal bly.

Die 5-ster Rainbow Towers Hotel huisves gaste in 304 en-suite kamers, asook 67 “toringkamers” (op vloere 12 tot 17). Die “toringkamers” is die toppunt van luuksheid, met en suite badkamer, koningsgrootte bed, lugversorging (wat in elke kamer individueel beheer word), klankdigte en geisoleerde vensters vir rustige verblyf, elektroniese kluis, lessenaar (met hoëspoed internettoegang), telefoon, satelliet-TV, mini-kroeg, toiletware, haardroër, punte vir skeermes, tee-/koffie-stasie, 24-uur kamerdiens, asook vars blomme en ‘n vrugtemandjie wanneer jy daar aankom. Soggens kan jy uitvind wat in die wêreld aangaan met behulp van die komplimentêre oggendkoerant.

Die Rainbow Towers Hotel in Harare, Zimbabwe, maak voorsiening vir besigheidsmense en toeriste en is ook ‘n kindervriendelike bestemming. ‘n Wasgoeddiens (dieselfde dag diens) maak seker dat besigheidsmense altyd op hul beste lyk. Ouers sal bly wees om te weet dat die baba-oppasdiens by die Rainbow Hotel goed na hul kroos sal omsien as hulle die omgewing wil gaan verken of ‘n kerslig-aandete wil geniet. Die Rainbow Towers Hotel bied ook ‘n haarsalon, skoonheidsalon en masseersalon vir ‘n ekstra bederfie. Indien jy nie van koue water hou nie, sal jy aangenaam verras wees om te weet dat die Rainbow Towers Hotel in Harare ‘n verhitte swembad het. Die gimnasium en gesondheidsentrum van die hotel is van die beste in Harare. Die hotelgaste het ook toegang tot ‘n tennisbaan. Die Rainbow Towers Hotel het ‘n geskenkwinkel en juwelier en ‘n skryfbehoeftewinkel (vir daardie poskaart om jou vriende groen van jaloesie te maak).

Gaste by die Rainbow Towers Hotel in Harare het ‘n keuse van drie restaurante. Die La Chandelle bied outentieke Franse cuisine aan. Die liefhebbers van “fusion food” sal baie hou van die Afro-Asiatiese cuisine van die Kombahari Restaurant, terwyl die Harvest Garden Restaurant ‘n buffet en a la carte spyskaart bedien. Gaste wat in die “toringkamers” tuisgaan, geniet ‘n komplimentêre kontinentale ontbyt, asook ‘n komplimentêre skemerkelkie voor aandete. Die klaviermusikant sal met strelende musiek in die ingangsportaal van die Rainbow Towers Hotel sorg dat die mees oorwerkte besigheidsmense gou ontspan.

Die hotel se konferensiegeriewe is die beste in Zimbabwe, en beslis een van die grootste en bes toegeruste in Afrika. Die ouditorium kan maklik 4500 mense huisves, en kan in 4 kleiner sale afgeskort word, wat elk individueel klankdig gemaak word. Hierdie ouditorium by die Rainbow Hotel in Harare het ook ‘n ten volle toegeruste perssentrum en persgalery. In die veeltalige omgewing van Afrika bied die konferensiefasiliteite by die Rainbow Hotel intydse vertalingsdienste vir 11 tale. Almal sal jou boodskap beslis verstaan! Daarby sorg 'n volledige sekretariële diens dat die konferensie glad sal verloop.

BOOK ONLINE AND SAVE AT LEAST 5%




  

 

 

Die Harare Rainbow Towers mag Zimbabwe se beste hotel wees maar is verseker nie die land se enigste akkommodasie nie. As jy Zimbabwe besoek bly by ons, vir jou eerste en laaste nag, maar verken dat die pragtige land verder. Hwange Safari Lodge is by die Hwange Nasionale Park . Geen besoek aan Zimbabwe kan volledig wees sonder om ook Karibadam en Fothergill Eiland te besoek nie.  Slegs 3 uur oos van die Rainbow Towers Hotel is die Inn On Rupurara n gewilde boutique hotel naby Nyanga in die Oostelike Hooglande van Zimbabwe.

BOTSWANA AKKOMMODASIE

Die Big Five Lodge bied bekostigbare akkommodasie naby die lughawe in Gaborone, die hoofstad van Botswana. Ander Botswana akkommodasie sluit die Thapama Hotel in Francistown en ander Francistown Hotelle soos die Marang Gardens hotel en Woodlands selfsorg akkommodasie en kampering in.

Jy kan vlieg van Harare na Karibadam na jou verblyf in die Rainbow Towers Hotel. Daar is daaglikse vlugte via Gaborone en Johannesburg na Maun. Jou Okavango Delta Safari sal waarskynlik in Maun begin.

NAMIBIE AKKOMMODASIE

Die Rainbow Towers Hotel beveel Grunau Country House in Grunau in die suide van Namibië aan.  Hul bied uitstekende verblyf en etes. In die Noorde van Namibië is die Waterberg Plato Nasionale Park die Rainbow Towers Hotel se gunsteling. Hul bied ongelooflike mooi akkommodasie in 'n assemrowendeomgewing.